Gandhi se sandale onder die hamer

‘n Seldsame foto van Gandhi wat hom met sy sandale uitbeeld.

Mahatma Gandhi, die vader van lydelike verset, se sandale sal op 21 Mei in Brittanje opgeveil word.

Gandhi, wat as die grondlegger van moderne Indië beskou word en hom vir die onafhanklikheid van Indië en versoening tussen Moslems en Hindoes beywer het, is in 1948 in New Delhi deur ‘n Hindoe-aktivis vermoor.

Hy is in 1869 in Indië gebore, en het sy regsopleiding in Brittanje ontvang. Hierna het hy na Suid-Afrika verhuis waar hy vir sy optredes van lydelike verset en burgerlike ongehoorsaamheid bekend geword het. Hy is hiervoor in hegtenis geneem en gevonnis. In 1915 keer hy na Indië terug waar hy hom daar in die onafhanklikheidstryd verdiep het.

Ghandi het gewoonlik kaalvoet geloop, maar soms sandale gedra wat nou opgeveil gaan word. Die insetprys is $23 000 (sowat R207 000). Ander items sal ook onder die hamer kom, waaronder ‘n lendekleed wat hy self gebrei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.