Gary Kirsten tree uit

Gary Kirsten. Foto: sportskeeda.com

Die Protea-afrigter, Gary Kirsten, het besluit om nie sy twee-jaarkontrak as afrigter van die Suid-Afrikaanse krieketspan te hernu nie.

Kirsten het gesê hy wil meer tyd aan sy jong gesin spandeer, en het die krieketowerhede bedank vir die buigsaamheid wat aan die dag gelê is om meer tyd saam met sy gesin te spandeer. Kirsten was ‘n hoogs suksesvolle afrigter van Indië voor hy die Proteakontrak syne kon maak, en was ook ‘n voormalige aanvangskolwer van die Proteas.

Onder Kirsten se afrigtingskap het die Proteas die top toetsland ter wêreld geword. Die span kon in 15 agtereenvolgende toetse nie geklop word nie, en is in 2011 laas deur Sri Lanka in ‘n toets afgestof. In die ander kodes is dieselfde sukses egter nie behaal nie.

Kirsten sal nog die span in die komende kampioenskapsreeks in Brittanje afrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Dit is ‘n groot slag vir Suid-Afrikaanse Krieket, Krieket SA moes regtig harder prober het om hom oor te haal om ten minste vir nog twee jaar aan te bly. Is die meer tyd met st familie regtig die rede hoekom so ‘n suksesvolle afrigter nie sy kontrak hernu nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.