Gary Player, King skik buite hof oor dispuut

Gary Player

Gary Player

Gary Player en die omstrede sakeman, Dave King, het ooreengekom om buite die te hof skik nadat King vroeër vanjaar R33,4 miljoen van die Suid-Afrikaanse gholflegende geëis het, het Beeld Woensdag berig.

Rael Gootkin, Player se prokureur, het bevestig dat sy kliënt en King ʼn ooreenkoms bereik het.

Player het in Junie gesê hy sal in die hof bewys hy skuld sy voormalige vriend nie ’n sent van die geld wat van hom geëis word nie.

King het beweer Player het 14 jaar gelede R6,1 miljoen by hom geleen en dit nooit terugbetaal nie. Hy het dié geld met rente geëis.

King het in die Grahamstad-hooggeregshof gevra dat daar beslag gelê word op aandele in ’n perdestoetplaas buite Colesberg.

King het in hofstukke aangevoer dat een van sy trusts, Talacar Holdings, 49% aandele in die plaas en Player die ander 51% besit. Die hof het destyds ’n tussentydse interdik aan King toegestaan.

Gootkin het gesê hy is nie in ’n posisie om oor die inhoud van die skikking kommentaar te lewer nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.