Gary Player ontken dat hy geld skuld

Gary Player

Die Suid-Afrikaanse gholflegende, Gary Player, beoog om in die hof ʼn eis teen te staan wat beweer dat hy ʼn voormalige vriend, die sakeman Dave King, R33 miljoen skuld.

King beweer Player het hom nog nie ‘n $1 miljoen-lening (sowat R10 miljoen) terugbetaal wat hy 14 jaar gelede uitgeneem het nie. King eis nou dié geld met rente, het Beeld Woensdag berig.

Volgens Beeld het King vroeër die maand die Grahamstad-hooggeregshof genader om beslag te lê op aandele van ʼn perdeplaas buite Colesberg.

King beweer in hofdokumente dat een van sy trusts, Talacar Holding, 49% se aandele in die plaas besit, en dat Player hom die res van die 51% skuld.

Die hof het aan King ʼn tussentydse hofbevel toegestaan en daar word nou van Player verwag om redes te verskaf waarom dit nie finaal gemaak moet word nie.

Rael Gootkin, Player se prokureur, het aan die koerant gesê sy kliënt gaan die hofbevel teenstaan.

Na wat berig word, het Player gesê hy het geen leenooreenkoms met King nie.

Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.