Gaste siek ná ete in wêreld se beste restaurant

Altesaam 63 van 78 gaste wat onlangs die wêreld se beste restaurant in Kopenhagen besoek het, het diarree opgedoen. Na wat berig word, het van die restaurant se personeel self ook siek geword.

Die bekroonde restaurant, Noma, is drie jaar agtereenvolgens deur die tydskrif, Restaurant Magazines, as die beste restaurant in die wêreld aangewys.

‘n Inspeksie wat ná die voorval plaasgevind het, het talle gebreke uitgelig. Een van die gebreke was dat personeel weens strukturele probleme nie hul hande in warm water kon was nie. Die inspeksie is gelas nadat die restaurant niks gedoen het in reaksie op briewe van die gaste wat siek geword het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.