Gastehuiseienaar se dood glo nie ongeluk

Christa Ross: Foto: Kleinmond News

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moontlikheid dat Christa Ross, ʼn gastehuiseienaar van Heuningkloof in Kleinmond, vermoor is nadat daar aanvanklik aangevoer is dat sy verdrink het.

Kleinmond News het vroeër berig dat Christa, wat die gastehuis Rossta saam met haar man Rossie bedryf het, vermoedelik Vrydag in die bad gegly en verdink het. Christa het ʼn afspraak gehad maar nooit opgedaag nie waarna ʼn vriendin ondersoek gaan instel het en op haar liggaam afgekom het.

Die polisie het egter later aan die koerant bevestig dat hulle die moontlikheid ondersoek dat Christa vermoor is. Maroela Media het inligting ontvang dat Christa verwurg is en dat haar nek gebreek was. Al wat glo uit die gastehuis weg is, is Christa se selfoon en een bed se paslaken. Kleinmond News berig Rossie was tydens die voorval onderweg na Johannesburg. Die uitslag van die nadoodse ondersoek is nog nie beskikbaar gemaak nie.

Maroela Media wag vir amptelike kommentaar van die Wes-Kaapse polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.