Nuwe stasiebevelvoerders gaan by 14 “problematiese” polisiestasies in Gauteng aangestel word.
Lt.genl. Mzwandile Petros, die Gautengse polisiekommissaris, het Donderdag die name van die bevelvoerders bekendgemaak, het The Star Vrydag berig.
Agt van die bevelvoerders is na kolonels bevorder en ses na brigadiers. Hulle is aangestel by die polisiestasies in Moroka, Germiston, Roodepoort, Kempton Park, Brakpan, Sebokeng, Soshanguve, Pretoria-Wes, Brackendowns, Ennerdale, Primrose, Sandringham, Wierdabrug en Norwood.
Petros het die bevelvoerders aangemoedig om ʼn verskil te maak by dié “problematiese” stasies. Die stasies is al vir ʼn geruime tyd deur tydelike bevelvoerders bestuur ná ʼn reeks aftredes en skommelings.
– Sapa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dit sal weer onbevoegte BEE aangesteldes wees ! Polisie lede wat al reeds gewoond is aan die trae manier van Polisieering waaraan die nuwe SA gewoond is .Al die polisie stasies sit dan minder as ‘n 100km van hoofkantoor af . Lyk of almal slaap !!!