Gauteng se koue kom dié naweek

Gautengers kan maar daai baadjies in die kas afstof. Inwoners van dié provinsie kan teen laatmiddag verwag om vir die eerste keer vanjaar behoorlike in ʼn koue greep vasgevat te word.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerburo gaan ‘n sterk kouefront vanmiddag oor die oostelike dele van die provinsie beweeg wat temperature redelik ver sal laat daal. Oggendtemperature vir Gauteng word tussen 0 °C en 5 °C beraam. Johannesburg se verwagte maksimum temperatuur vir Saterdag  is 13 °C en Pretoria 14 °C. Volgens die buro gaan die kouefront eers Sondag weg beweeg, maar temperature sal eers van Maandag af styg.

Daar is ook ‘n kans van sneeu in die Oos-Kaapse binneland.
Besoek www.weathersa.co.za vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.