Skole in Gauteng het Woensdag begin om aansoeke vir die 2014 akademiese jaar te ontvang.
“Die Gautengse departement van onderwys verwelkom die entoesiasme wat deur ouers getoon word om hul kinders vroeg te registreer,” het Charles Phahlane, woordvoerder vir die departement, gesê. “Skole het Woensdagoggend aansoekvorms van ʼn aantal ouers ontvang.”
Aansoeke sluit 21 Mei 2013.
Phahlane sê beamptes van die departement is uitgestuur om gebiede te monitor waar daar ʼn hoë aanvraag vir nuwe inskrywings bestaan.