Gauteng-treindienste hervat

Die foto is deur @MedixGauteng op Twitter gelaai.

Treindienste tussen Pretoria en Johannesburg is weer hervat nadat ʼn passasierstrein Woensdagmiddag ʼn oorhoofse balk buite die Kemptonpark-treinstasie getref het.

Lilian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail, het gesê hulle het ná die voorval alternatiewe vervoer aan pendelaars verskaf. Sy sê voorts hulle is dankbaar dat pendelaars geduldig was tydens die vertragings.

Maroela Media het Woensdag berig drie mense is in die voorval beseer. Volgens Mofokeng het ʼn konstruksievoertuig langs die treinspoor slote gegrawe vir ʼn veselkabel wat veroorsaak het dat die oorhoofse balk afgeruk is en die trein daarteen gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.