Gauteng-treine deur weerligskade beïnvloed

Weerligskade by ʼn substasie by Kaalfontein in Midrand het ʼn vertraging op verskeie spoorlyne veroorsaak, het die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA) Dinsdag gesê.

ʼn Tweede substasie is ook deur Sondag se weerlig geraak en ernstige skade is aan die sinjaalapparaat aangerig, het Lawrence Venkile, woordvoerder vir PRASA in ʼn verklaring gesê. Gevolglik is daar lang vertragings op die Leralla, Tembisa en Olifantsfonteinlyne en alle Johannesburg-Pretoria treine. “Weens die erns van die skade verwag ons dat dit ons ongeveer ʼn week gaan neem om die skade te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.