Gautengers maak Jan Taks se beursie vol

sars_logoGauteng-inwoners verdien nagenoeg die helfte van Suid-Afrika se belasbare persoonlike belasting, luidens die 2013 belastingstatistiek wat Maandag deur die SAID vrygestel is.

Die dokument toon dat individuele belastingbetalers in die provinsie 46.5% (R475.8 miljard) van die land se saamgestelde belasbare inkomste in die 2012-belastingjaar verdien het.

Minder as ʼn kwart van die land se inwoners, dit wil sê 12.7 miljoen mense, bly in Gauteng.

KwaZulu-Natal met sy 10.5 miljoen inwoners genereer slegs 13.9% van die belasbare inkomste.

Die Oos-Kaap, met sy geraamde 6.6 miljoen mense het ongeveer 395 000 individuele belastingbetalers. Dié provinsie het ongeveer R66 miljard in belasbare inkomste gegenereer.

Die Noord-Kaap het 87 908 individuele belastingbetalers en die Wes-Kaap se 793 187 belastingbetalers het verlede jaar meer as R149 miljard in belasbare inkomste verdien, dit is 14.6% van die totaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SJ ·

Ja Gautengers betaal 46.5% van die land se totale belasting maar net ‘n klein fraksie daarvan word in Gauteng gebruik, terwyl Gautengers ‘alleen’ tolgeld moet betaal in plaas van om dit as ‘n addisionele belasting eweredig te versprei, maar eintlik gaan die tolgelde in elk geval pryse van goedere en dienste opjaag wat na die ander provinsies gekanaliseer gaan word, so eintlik gaan die hele land vir dit betaal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.