Gautrain-busbestuurder geskiet

ʼn Gautrain-busbestuurder is Maandag geskiet en gewond in Rooihuiskraal, Centurion, het die Bombela Concession-maatskappy gesê.

“Ons kan bevestig dat die voorval net voor 08:00 plaasgevind het,” het woordvoerder Kelebogile Machaka gesê. “Die busbestuurder is geskiet en hy is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Niemand anders is beseer nie, maar ons busdienste in Centurion, Pretoria en Hatfield is opgeskort.” Machaka sê verdere besonderhede is nie dadelik beskikbaar nie. Die polisie sal die saak verder ondersoek.

Op 24 Februarie is daar op ʼn Gautrain-bus wat in die Midrand-omgewing gery het, geskiet. Niemand is beseer nie, maar die bus is beskadig. Die maatskappy sê dit is kommerwekkend en dit kan moontlik aan die onwettige staking deur die busbestuurders gekoppel word. Busbestuurders het in Januarie gestaak omdat hulle wou hê dat MegaExpress, die Gautrain-busmaatskappy, daagliks vervoer van hulle huise tot by die werk moes verskaf. Die maatskappy het sowat 300 bestuurders in Februarie afgedank weens die staking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.