Gautrain-busbestuurders staak glo weer

Gautrain-busbestuurders het glo weereens onwettig gestaak, het EWN berig.

Dit was ten spyte van ʼn hofinterdik teen die bestuurders wat hulle gedwing het om terug te gaan werk toe nadat hulle vroeër in Januarie gestaak het. Hulle versoek bestuur om vervoer aan hulle te verskaf. Gautrain se Errol Braithwaite het gesê dit is nie duidelik wat Woensdag gebeur het nie. “Ek glo dat die impuls vir dié staking die vorige onwettige staking en die hofinterdik was. Dissiplinêre stappe sal geneem word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.