Gautrain: Park-stasie open binnekort

Die Gautrain is tans besig met toetslopies na Park-stasie op die vooraand van die bekendstelling van die finale fase van die projek tussen Rosebank en Johannesburg se middestad.

EWN berig dié 16 kilometer ondergrondse spoorlyn is uiteindelik voltooi. Die volume water in die tonnel het dié gedeelte van die Gautrain-spoorlyn opgehou. Beamptes sê daar is nou ʼn doeltreffende dreineringstelsel in werking wat nie die aktiwiteit van die stelsel sal beïnvloed nie. Die finale fase sal in Meimaand aan die publiek beskikbaar gestel word. Sekere goedkeuringsprosesse moet steeds onderteken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.