Gautrain-tariewe verhoog

Tariewe vir die Gautrain sal volgende maand met ses persent verhoog.

“Die hersiende tariewe sal op 1 Junie in werking tree,” het Ismail Vadi, LUR vir vervoer, Dinsdag gesê. ‘n Enkelkaartjie na die lughawe sal met R10 verhoog, maar die koste vir reisigers wat van lugvervoer gebruik maak en hul voertuie by Gautrain-stasies wil los, sal daal. Tariewe vir dagparkering sal van R12 na R15 styg. Busgeld bly onveranderd.

‘n Enkeltariefkaartjie (pay-as-you-go) tussen Hatfieldstasie in Pretoria en Parkstasie in die Johannesburgse middestad sal van R52 na R57 tydens spitstye verhoog, en R49 buite spitstye.

Vadi sê die tariefstruktuur poog om die gebruik van die Gautrain-stelsel te bevorder, om die teikenmark te lok en seker te maak dat motoriste eerder van die Gautrain gebruik maak.

‘n Afslag van 15% sal ingestel word vir pendelaars wat voor 06:00, tussen 09:00 en 15:00, en ná 18:00 reis.

Maandelikse kaartjiehouers sal ‘n afslag van 20% ontvang en weeklikse kaartjiehouers sal ‘n afslag van 10% ontvang, maar dit sluit nie die gebruik van die Gautrain oor naweke of vir bus- of lughawependelaars in nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.