Gautrein begin Dinsdag tussen Pretoria en Johannesburg loop

Foto: Facebook

Die volgende fase van die Gautrein, tussen Rosebank-stasie in Johannesburg en Hatfield-stasie in Pretoria, sal van Dinsdagoggend operasioneel wees.

Volgens die Gautrein Bestuursagentskap sal alle stasies en busdienste op die roete in gebruik wees. Die Gautrein sal daagliks tussen 5:30 en 20:30 tussen die twee stasies loop insluitend naweke. Die treine sal in 12 minute intervalle loop gedurende piektye weeksdae en 30 minute intervalle oor naweke. Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, sê die Gautrein gaan oor die komende twee jaar die manier waarop Suid-Afrikaners reis radikaal verander. Die trein, wat teen sowat 160 km/h ry, sal 38 minute neem om tussen Johannesburg en Pretoria te reis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Ek hoop regtig die Gautrain is ‘n sukses – ek kan sommer nie wag om ook ‘n uitstappie op die blitstrein te neem nie!

Yvonne Smith ·

Sal die kinders vir n rit wil neem. Wat sal die koste wees? 2 volw en 6 kinders.
Glo dit is n sukses en is baie goed afgewerk.
Baie dankie

Paul ·

Die pryse is alles op die Gautrein se webwerf beskikbaar: http://www.gautrain.co.za/contents/fares_1june2012.pdf
Daar is geen verskil tussen pryse vir volwassenes en kinders nie.
As ‘n voorbeeld, vir agt mense sal ‘n retoerrit van Hatfield na Sandton altesaam R736 kos. Dan kom daar nog ‘n parkeerfooi van R12 per voertuig by, indien daar by die stasie parkeer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.