Gautrein-busbestuurders terug by die werk

Foto: Facebook

Gautrein-busbestuurders wat vroeër die week begin staak het, is terug by die werk.

Volgens ‘n woordvoerder van die Gautrein, Errol Braithwaite, is hulle baie verlig. Die vervoervakbond Satawu het Maandag aangekondig dat nagenoeg 400 busbestuurders moontlik sou staak indien ‘n salarisdispuut nie opgelos kon word nie. Van die busbestuurders het reeds Maandag gestaak. Volgens die vakbond verdien busbestuurders van Mega Express sowat R4 000 per maand. Mega Express is die enigte busdiens wat deur die Gautrein gebruik word om pendelaars van en na stasies te vervoer. Intussen is treindienste tussen Hatfield en Centurion in Pretoria Woensdagoggend ontwrig weens kabeldiefstal. Busse word gebruik om pendelaars tussen die twee stasies te vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.