Gautrein-busbestuurders wil staak

Foto: Facebook

Die vervoervakbond Satawu sê sowat 400 busbestuurders wat pendelaars na die Gautrein vervoer kan staak indien ʼn salarisgeskil nie opgelos word nie.

Volgens die vakbond se provinsiale voorsitter, Ephraim Mphahlele sê die busbestuurder verdien sowat R4 000 per maand en dat dit nie genoeg is om hulle lewenskostes te dek nie. Mega Express is die enigste busdiens wat deur die Gautrein gebruik word om pendelaars van en na stasies te vervoer. Sommiges busbestuurders het reeds Maandag begin staak. Die bestuurders dring aan op ‘n vervoertoelaag, mediese fonds en ‘n salarisverhoging van R4 600 tot R5 000 per maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.