Gautrein-busse staan weer stil

Die Gautrein bedryfsmaatskappy gaan aansoek doen om ʼn interdik om sy stakende busbestuurders te dwing om terug te keer werk toe.

ʼn Woordvoerder van die bedryfsmaatskappy, Bombela, Errol Braithwiate, sê intense onderhandelings waartydens bestuur ingestem het tot die erkenning van ʼn nuwe vakbond het nie die staking beeindig nie. Hy sê as gevolg hiervan sal die bedryfsmaatskappy nou aansoek doen om ʼn dringende interdik om die busbestuurders te dwing om terug te keer werk toe. Braithwaite sê daar sal Woensdag geen busse beskikbaar wees op die Gautrein-roetes nie. Geen van die 125 busse het Dinsdag gery nie. Busbestuurder het glo weggebly uit simpatie met busbestuurders wat geskors is hangende ʼn tugverhoor. Braithwaite sê Bombela implementeer maatreëls om wel busse beskikbaar te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.