Gautrein-onderbreking

Gautreindienste was vandag vir ʼn geringe tyd lank onderbreek nadat daar ʼn tegniese probleem naby die Marlboro-stasie ondervind is.

Die Gautrein se kommunikasie-afdeling het kort daarna ʼn waarskuwing uitgestuur dat passasiers onderweg na die lughawe alternatiewe vervoer moet probeer reël. Hulle het ook gesê dat ekstra Gautrein-busse op die onderskeie roetes geplaas is om pendelaars te vervoer. Die tegniese probleem is egter binne ʼn uur reggemaak en treindienste was omstreek 13:00 weer in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.