Gay man in Johannesburg vermoor

Rulov Senekal. Foto: Facebook

‘n Teaterbestuurder van Johannesburg is in sy woonstel in Braamfontein in Johannesburg vermoor, glo oor sy seksuele oriëntasie .

ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Jenny Pillay, sê die 67-jarige bestuurder van die Joburg-teater, Rulov Senekal, se lyk is Sondagmiddag deur ʼn buurman gevind. Hy was vasgemaak en verwurg. Pillay sê dit is te vroeg om met sekerheid te sê dat Senekal vermoor is omdat hy gay was. Pillay sê Senekal het die twee vermeende moordenaars Saterdagaand na sy woonstel laat kom nadat hy vir veiligheidswagte by die kompleks waar hy gebly het toestemming gegee het om hulle in te laat. Die mans het glo 30 minute later met Senekal se skootrekenaar en ʼn plastieksak gevlug. Die polisie het intussen die beeldmateriaal van kringtelevisie-kameras nagegaan terwyl daar steeds na die twee verdagtes gesoek word. Senekal se moord volg op ʼn aantal soortgelyke moorde die afgelope twee jaar in Pretoria en Johannesburg. Minstens sewe gay mans se liggame is in hulle huise gevind met geen teken van geforseerde ingang nie en slegs ʼn paar items wat vermis word. Talle van hulle is ook verwurg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.