Gé Korsten se vrou sterf

Gé en Linda Korsten saam met hulle vyf kinders.

Die gewilde Afrikaanse sanger, Gé Korsten, se vrou, Elna, is Maandagaand in die ouderdom van 81 oorlede.

Haar dogter, Linda Korsten, sê sy het in Januarie vanjaar siek geword en nooit weer volledig herstel nie, berig RSG. Sy het die afgelope paar jaar in ‘n aftreeoord in George gebly. Sy word oorleef deur vyf kinders, dertien kleinkinders en twee agterkleinkinders. Gé het op 29 September in 1999 op 71-jarige ouderdom by sy huis op Wildernis selfmoord gepleeg. Hy het hom net buite die kombuis met ’n pistool in die kop geskiet toe hy vir hom en sy vrou, Elna, gaan tee maak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.