Gebaretaaltolk in psigiatriese hospitaal opgeneem

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa Jantjie, die gebaretaaltolk by oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens, is in die Sterkfontein Psigiatriese Hospitaal opgeneem, het The Star Donderdag berig.

Volgens die berig het Jantjie se vrou, Siziwe, haar man Dinsdag na die hospitaal in Krugersdorp geneem vir ʼn opvolgbesoek waar die voorstel gemaak is dat hy onmiddellik opgeneem moet word.

“Die afgelope paar dae was baie moeilik. Ons het hom ondersteun omdat hy dalk ʼn ineenstorting sou hê,” het Siziwe gesê.

Jantjie moes glo reeds op 10 Desember by Sterkfontein aangemeld het vir ʼn opvolgbesoek. Ná die aanbod om op dieselfde dag by die gedenkdiens by ENB-stadion in Soweto te tolk, het hy die hospitaal gekontak en die afspraak uitgestel.

Collins Chabane, minister in die presidensie, het verlede Woensdag gesê die regering sal die bewerings oor Jantjie se bekwaamheid om gebare taal te tolk, ondersoek.

Jantjie het ná die gedenkdiens aan verskeie mediahuise gesê hy het ʼn skisofreniese episode tydens die gedenkdiens beleef en hy het engele gesien en paniekerig geraak toe hy besef hy is omring deur gewapende polisie.
-SAPA

Lees ook:
Gedenkdienstolk: “Ek tolk al jare lank”
Mandela-diens: Gebaretaaltolk werk vir ANC-man
Gebaretaaltolk: NVG kry nie hofdokumente nie
Mandela-diens: Gebaretaaltolk aangekla van moord
Regering “nie verleë” oor gebaretaaltolk
Gedenkdiens-tolk beweer hy is skisofrenies
Mandela-diens: Tolk was ‘n “bedrieër”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Hulle oorreageer. Weet jy hoe moeilik dit is om te tolk as al die stemme gelyk praat. Hy het net bietjie deurmekaar geraak.

Ria Maritz ·

Laat my nogal dink aan Shabir Shaik, ens. Die oomblik wat ek in ‘n hoek is, pleit ek siekte.

Hierdie was die grap van die jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.