Geboortebeperking vir olifante in SA beplan

Olifantkoeie in KwaZulu-Natal sal na verwagting binnekort geboortebeperkinginspuitings ontvang.

Terwyl olifantgetalle in ander dele van Afrika weens stropery en ‘n tekort aan weiding afneem, het Suid-Afrika ‘n toenemende groei in olifantgetalle weens bewaring van dié diere gesien. Catherine Hanekom, ‘n ekoloog by Ezemvelo KZN Wildlife-reservaat, sê die verlangsaming van die populasie-vermeerdering sal aan hulle die tyd gun om ander biodiversiteitsdoelwitte na te kom. Uitbreiding van die weidingsgebied word by dié doelwitte ingesluit. Die beplande geboortebeperking sal sowat ‘n dekade lank duur. Die koeie sal glo met medikasie ingeënt word om spermontvangs te stuit. Alhoewel Suid-Afrika ‘n eeu gelede slegs sowat 100 olifante gehad het, is daar tans meer as 20 000 olifante. Volwasse olifante verorber tussen 100 en 300 kg kos per dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.