Gebou brand af in JHB

ʼn Brand het vroeg Maandagoggend by Salama Cash and Carry in Amalgam, Johannesburg uitgebreek.

“Daar was gelukkig niemand binne-in die gebou nie,” het Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê. Die brand het glo net voor 02:00 uitgebreek. “Die dak en dele van die muur het inmekaargestort. Volgens Radebe het brandbestryders om 03:25 steeds gespook om die brand te blus. Die oorsaak van die brand sal later deur brandbeheerbeamptes bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.