Gebou stort ineen in JHB

Foto op Twitter gelaai deur die gebruiker‏ @ManqobaMchunu

ʼn Man is beseer nadat ʼn gebou Woensdag in Johannesburg ineengestort het.

“ʼn Volwasse man is na die Hillbrow-hospitaal geneem,” het woordvoerder vir die stad, Niel Rooi, gesê. “Hy was buite die gebou en van die puin het op hom geval.” Die gebou is op die hoek van Jeppe en Endstraat geleë. Rooi sê ʼn brand het in Februarie in die gebou uitgebreek en mense het intussen staalbalke uit die struktuur gesteel, wat moontlik tot die ineenstorting kon gelei het. ʼn Ondersoek sal Donderdag ingestel word. Reddingswerkers is op die uitkyk vir nog beseerde persone, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.