Gebrande meisie kry nuwe vel vir haar 3de verjaardag

Pippie Kruger. Foto's: Beeld

ʼn Meisie wat op Oujaarsdag 80% derdegraadse brandwonde opgedoen het, kry ʼn nuwe vel vir haar 3de verjaardag.

Beeld berig Isabella Kruger, met die bynaam Pippie, word al langer as ses maande in die hoësorg-eenheid van die Garden City-kliniek in Johannesburg behandel nadat ’n bottel met ’n vuuraansteekmiddel in die hande van haar pa, Edwin, ontplof het.  Haar vel word twee keer ʼn  week onder narkose geskrop en sy moes ook al vir bedsere behandel word.

Haar ma, Anice, woon sedert die ongeluk by die hospitaal en in ’n woonstel in Johannesburg. Edwin kom naweke van Lephalale (Ellisras) af en die egpaar se seun, Arno, wat binnekort 1 word, woon by sy grootouers daar.

Anice het ná die ongeluk navorsing op die internet gedoen oor veloorplantings en uiteindelik by die mense uitgekom wat die vel vir Maandag se operasie vervaardig het.  Die vel wat Maandag oorgeplant word, kos $87 272 (sowat R724 000) en dit word deur die gesin se trustfonds, wat ná Pippie se ongeluk gestig is, betaal. Haar nuwe vel kom al die pad van Boston, Amerika, af.

Pippie voor haar ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.