“Gebruik sel-noodnommer”, vra Noordwes-polisie

Argieffoto

Die publiek van Noordwes wat die polisie vanaf ʼn selfoon wil ontbied, word aangeraai om in die toekoms 112 te skakel en nie 10111 nie. Inwoners wat van ʼn Telkom-landlyn af skakel, moet steeds 10111 gebruik.

“Selfone is deesdae die hoofmedium van kommunikasie. Wanneer gemeenskapslede 10111 van selfone af skakel, word daar soms tegniese probleme ondervind,” het brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

“Noordwes-inwoners wat die polisie in ʼn noodgeval op hul selfone bel, word dus versoek om 112 te skakel. Oproepsentrumagente is beskikbaar om seker te maak dat die regte polisiestasie op die noodgeval reageer,” het hy gesê.

112 is ʼn tolvrye nommer as dit van ʼn selfoon af geskakel word. Die 112-nommer is in alle provinsies in die land in gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marthinus ·

If there is a robber in your garden press 1. If he is armed press 2. If he is armed with a knife press 3. If he is armed with a gun press 4. If he is armed with both press the eish button. If you are phoning to have a vehicle send with a stomach out and chest in officer please hold in order for us to see if the vehicle is back from private deliveries. To have your options repeated please hang up and dint take the law into your own hands.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.