Gedeelte in Limpopo dalk as rampgebied verklaar

ArgieffotoDie Limpopo-regering het voorgestel dat ʼn gebied in die provinsie as ʼn rampgebied verklaar moet word nadat erge vloede daar voorgekom het.

Clifford Motsepe, LUR vir plaaslike regering, het die voorstel gemaak nadat verskeie mense dood en honderde inwoners van die Vhembe-omgewing dakloos gelaat is, berig The New Age. Matodizi Ralushai, die gebied se munisipale woordvoerder, het gesê die omvang van die skade word nog bepaal. Inwoners en buitelandse burgers word tans in verskeie plekke in Musina gehuisves.

Sowat 200 huise het ineengestort en sowat 15 mense is sover dood aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.