Gedeelte van deurpad na Durban gesluit, verkeer herlei

Argieffoto.

Die N3-deurpad by Monte Vista tussen Harrismith en Warden in die Vrystaat word tydelik vir verkeer gesluit. Na wat berig word, het ʼn vragmotor wat ʼn chemiese vloeistof vervoer het, in die omgewing omgekeer en die vloeistof op die pad gemors.

Andy Visser, kommunikasiebestuurder van die N3-tolkonsessie, sê die noordelike en suidelike rigting van die deurpad word tans geraak terwyl amptenare die chemiese storting opruim. “Verkeer word herlei deur die vulstasie se afritte op die N3 om te verseker dat verkeer aanhou vloei,” het Visser gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.