Gedeelte van N2 stort ineen

Die foto is deur @ginatrot op Twitter gelaai.

ʼn Gedeelte van die N2-hoofweg tussen Grahamstad en Port Elizabeth het Saterdagaand ineengestort.

Tshepo Machae, provinsiale verkeer- en rampbestuur woordvoerder, sê die stuk pad het ineengestort weens die hewige reënval in die gebied. Machae sê dit is nog nie duidelik of daar enige lewensverlies was en of daar enige motors vasgekeer is nie.

Volgens berigte het die stuk pad naby die ingang van die Pumba-wildreservaat ineengestort. Die reservaat is sowat 15 minute van Grahamstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.