
Wrakstukke van die twee Albatros-vliegtuie wat verlede Sondag teen die Mamotswiri-piek buite Tzaneen vasgevlieg het. Foto: SAPA
Twee Albatros-vliegtuie het verlede Sondag teen ʼn bergpiek naby Tzaneen gebots kort nadat hulle die oggend opgestyg het. Al 13 insittendes, waaronder twee jong meisies, is op slag dood. Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het tydens die diens gesê dié tragedie is die ergste in Suid-Afrika se lugvaart geskiedenis sedert die Helberg-ramp 25 jaar gelede. Hy sê tragiese gebeure soos dié herinner ons aan die verganklikheid van die lewe en hoe waardevol elke dag is. Die trane het vrylik gevloei deur die loop van die diens. Na afloop van die diens is almal na die vliegveld waar ‘n spesiale formasie, die ”Missing Man-formation” gevlieg is ter nagedagtenis aan die slagoffers. Twee van die vliegtuie het weggebreek van die formasie ter eer van die twee vliegtuie wat in die ongeluk was. Ndebele het tydens die diens gesê dat ʼn voorlopige verslag oor die ongeluk binne 30 bekendgemaak sal word.