Gedenkdiens vir Vuyo Mbuli

Vuyo Mbuli. Foto: Twitter

ʼn Gedenkdiens wat vir die publiek oop is, word vandag vir Vuyo Mbuli, voormalige radio- en TV-aanbieder by die SABC, gehou.

Die gedenkdiens vind om 14:00 by die SABC se perseel in Auckland Park plaas.

Die 46-jarige Morning Live- en SAFM-aanbieder het Saterdagaand tydens die Superrugby-wedstryd tussen die Cheetahs en die Reds ineengestort. Hy is omstreeks 22:00 in Mediclinic in Bloemfontein oorlede.

Rowena Baird, die Mbuli-gesin se woordvoerder, het Dinsdag gesê ʼn nadoodse ondersoek het bevind dat hy dood is weens ’n bloedklont wat deur sy long is.

Mbuli gaan Vrydag begrawe word.

Lees ook:
Vuyo Mbuli glo dood aan bloedklont
Uitsaaier hou gedenkdiens vir Vuyo Mbuli
Medelye stroom in vir Mbuli
SABC se Vuyo Mbuli sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.