“Gee adv. Barbie ʼn kans”

Cezanne Visser, ook bekend as Advokaat Barbie

Cezanne Visser, oftewel adv. Barbie, se advokaat het Dinsdag aan EWN gesê hy glo sy kliënt is gerehabiliteer en het ʼn beroep op almal gedoen om haar ʼn kans te gee.

Visser is Maandag in Pretoria op parool vrygelaat en onder huisarres geplaas nadat sy die helfte van haar sewe jaarlange tronkstrafvonnis uitgedien het.

Sy is in 2010 skuldig bevind vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie. Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis. Sy is saam met haar destydse minnaar, Dirk Prinsloo, in hegtenis geneem, maar Prinsloo het kort daarna oorsee gevlug en is uiteindelik in Rusland vir ʼn gewapende roof aangekeer. Hy word steeds daar aangehou.

Sy het tydens haar verhoor in 2009 aan die Pretoriase hooggeregshof gesê sy het die misdade gepleeg omdat Prinsloo haar manipuleer het. Jeannine du Plessis, een van die paartjie se slagoffers, het in Maart 2010, in ʼn ouderdom van 21, selfmoord gepleeg.

Dit was Visser se derde aansoek vir parool, nadat twee vorige aansoeke onsuksesvol was.

Adv. Johann Engelbrecht, Visser se advokaat, het gesê Visser wil ʼn nuwe lewe begin.

“Al wat ek vra is dat die mense van Suid-Afrika die vrou ʼn kans gee. Sy het haar straf uitgedien, gee haar ʼn kans om nuut te begin,” het hy gesê.

Intussen het die departement van korrektiewe dienste gesê hy sal nie huiwer om haar weer in hegtenis te neem indien sy haar paroolvoorwaardes oortree nie. Sy word verbied om kontak te maak met enige van haar slagoffers en sy is ook verbied om kinderhuise te besoek.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter Vonk ·

cezanne,julle dade was so walglik dat n jong dame haarself om die lewe gebring het.Wat maak dit saak as die samelewing jou daarvoor vergewe ? NIKS, Soek vergifnis by God.

Trippie ·

Dis nie ons, die publiek wat haar moet vergewe nie, maar wel haar en Dirk se slagoffers !

Sy wil ‘n nuwe lewe begin, maar die lydende partye, die slagoffers, gaan vir die res van hul lewens daarmee moet saamleef met min of geen herstel nie. Dis na hulle wat my hart uitgaan.

jessica van der walt ·

Wat maak haar anders as Johan – Modimolle Monster? Sal hy ook oor 3 jaar gerabiliteer wees?

nic van rensburg ·

Wil nou nie negatief wees nie maar die rehabilitasie een is bietjie dik vir sommer net so sluk. Maar good luck, sal maar sien hoe ver kom die antie.

Amy ·

Sy verdien ‘n tweede kans, maar daar is mense wat “minder ernstige misdade” gepleeg het, wat langer as sy in die tronk is. Maar ja, sy verdien ‘n tweede kans. ek glo die tronkstraf het haar ‘n “beter mens” gemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.