Geel uniforms vir verhoorafwagtendes

verhoorafwagtendeDaar gaan in die toekoms van verhoorafwagtendes verwag word om uniforms te dra om onder meer ontsnappings te probeer beperk, het Beeld Vrydag berig.

Willem Damons, waarnemende adjunkhoofkommissaris van verhoorafwagtendes, het Donderdag gesê verhoorafwagtendes ontsnap soms ongesiens uit gevangenis omdat hulle gewone klere dra en is dit nie maklik om hulle van gewone besoekers te onderskei nie. Hy het gesê verhoorafwagtendes gaan van Oktober af die geel uniforms begin dra.

Die besluit oor die geel uniforms is vervat in die Witskrif oor Verhoorafwagtendes wat Woensdag deur die kabinet goedgekeur is.

Volgens die berig is die meeste van die bepalings in die Witskrif reeds opgeneem in ’n reeks wysigings aan die Wet op Korrektiewe Sake wat die parlement in Mei 2011 aanvaar het.

Damons het verduidelik dat die besluit nie vroeër toegepas kon word nie omdat daar probleme met die aankoop van die materiaal was.

Damons het uitgewys dat dié uniforms nie tydens hofverskynings gedra mag word nie, omdat verhoorafwagtendes as onskuldig beskou word totdat die hof uitspraak in hul saak gelewer het.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Daar gaan my belastinggeldjie alweer ! Wat het van die oranje “tronk-tabberdjies” geword ?

Ja jong, wat van as dit ‘n “inside-job” is … waar ‘n wil is, is ‘n weg !

Laat Malema hulle voorsien van die EFFIE-PARTY se uitrustings.

akram ·

Al wat ek sien is nog n hoogeplaasde se familie wat n lekker vet kontrak losgeslaan het met die verskaffing van die uniforms. Maar so gaan dit mos maar.

E Roos ·

Dis ‘n wonder dat dit toegelaat word tas dit nie weer sy menseregte aan want hulle word mos in watte toegedraai en behandel soos konings en hoekom kan hy nie so in die hof verskyn almal sien hom in elk geval, ek dink dit sal soveel beter gaan in die gevangenis as hulle weer hande arbeid in stel in plaas van om hulle te help om grade te kryen te leer koek bak, kan hulle bietjie help om ons dorpe en stede te help opruim en skoon te hou, bietjie harde werk het niemand nog kwaad gedoen nie

Willy ·

My beskeie logiese verklaring is dat die besluit seker geneem is toe hulle die kleurkaartjies vir ‘n kleur analise teen swart gesit het dat die geel die mees uitstaande kleur vir ‘n tronkvoël is.
Jy sien so ‘n makatees ‘n myl vêr.
Soos die nommerplate van ouds.
Haha wat sê die span van daai een?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.