“Geen belastinggeld gebruik vir Nkandla”

Zuma s huis in Nkandla

Die regering het R206 miljoen op veiligheidsopgraderings en konsultante spandeer vir president Jacob Zuma se Nkandla-tuiste, het Thulas Nxesi, minister van openbare werke, Sondag bekendgemaak.

Nxesi sê ingesluit by die bedrag was R135 miljoen vir “operasionale behoeftes” en R71 miljoen vir konsultante en veiligheidsopknappings soos koeëlvaste ruite en heinings. Nxesi sê daar is egter geen belastingbetalersgeld gebruik nie. “Daar is geen bewyse dat enige huis wat aan die president behoort met openbare geld gebou is nie,” het Nxesi aan verslaggewers in Pretoria gesê na afloop van ʼn ondersoek deur ʼn taakspan. Nxesi sê daar was wel onreelmatighede rakende die aanstelling van diensverskaffers wat die veiligheidsopknappings gedoen het. “Dit is baie duidelik dat daar ʼn aantal ongerymdhede was rakende die aanstelling van diensverskaffers en die verkryging van goedere en dienste.” Vyftien diensverskaffers en konsultante is aangestel. Die taakspan is in November aangestel nadat berigte oor die koste van opgraderings aan Zuma se huis tot groot omstredenheid gelei het. Nxesi se Zuma se huis is soos die vorige presidente ʼn nasionale sleutelpunt verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem Oosthuizen ·

Wie moet ons glo? Laat die waarheid uitkom. Ons belastingbetalers is GATVOL vir die vermorsing van ons swaar verdiende geld.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Brenda ·

Bla-bla-bla-bla-blaaaaaa. Ons is nie sheeple (sheep + people) nie, so moet nie ons intelligensie beledig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.