Geen beurtkrag nie, sê Eskom

Eskom het Suid-Afrikaners verseker dat hulle nie, weens probleme by die Medupi-kragstasie, aan kragonderbrekings blootgestel gaan word soos wat in 2008 gebeur het nie, het die SAUK Woensdag berig.

“Vir die afgelope vyf jaar het ons die ligte aangehou. Suid-Afrika is nog nie weer aan beurtkrag blootgestel nie,” het Brian Dames, hoof uitvoerende beampte van Eskom, gesê. “Ons is aan ons kant besig met nuwe projekte en ons is besig om ons huidige vloot aan die gang te hou en dit te onderhou. Ons is vol vertroue dat daar nie kragonderbrekings sal wees nie.”

Eskom het Maandag gesê dat een van Medupi se ses 800MW-eenhede weens tegniese probleme nie sy sperdatum gaan haal om teen die einde van Desember krag aan die nasionale netwerk te voorsien nie. “ʼn Realistiese sperdatum vir die sinchronisasie van eenheid 6 op die netwerk is die tweede helfte van 2014,” het Eskom gesê.

-SAPA

Lees ook:
Medupi-vertraging dalk weens sabotasie
Medupi nie gereed teen Desember 2013
Werker by Medupi vas oor plofstof
Medupi-werkers staak weer
Betogers staak by kragstasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.