Geen beurtkrag vir SA nie

Koeberg-kernkragstasie

Suid-Afrikaners sal glo vir die res van die winter nie aan beurtkrag onderworpe wees nie.

“Eskom sal alles in hul vermoë doen om seker te maak dat daar nie kragonderbrekings sal wees nie,” het Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, Vrydag gesê. Eskom-ingenieurs doen hul bes om seker te maak dat Koeberg se Eenheid 1 ononderbroke kan voortgaan, berig EWN. Dié eenheid het Woensdagaand outomaties afgesluit ná ‘n elektriese probleem aan die nie-kernkrag-kant van die struktuur. Elektrisiteitsverskaffing is sedertdien onder druk. Hillary Joffe, woordvoerder van Eskom, sê alles behoort binnekort na normaal terug te keer. “Ek dink nie enige kragverskaffer kan enige waarborge lewer nie, maar ons is besig om die eenheid weer aan die gang te kry. Dit neem soms ‘n rukkie en die tegnici moet seker maak dat niks skeef loop nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.