Geen bevestiging oor SA’ners in Japan-aardbewing

Puin lê oral gestrooi ná die aardbewing van Maart 2011

Daar is nog geen berigte ontvang van Suid-Afrikaners wat moontlik beseer is in die 6.3 magnitude aardbewing wat Japan Saterdagoggend getref het nie.

“Ons is nog nie in kennis gestel van enige beseerde Suid-Afrikaners nie,” het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, gesê.

Drie-en-twintig mense is beseer, waarvan sewe ernstig, in die aardbewing naby die suidwestelike stad, Kobe. Talle van dié beseerdes was bejaardes wat geval het toe hulle wou vlug, het die polisie aan AP gesi.e Daar is nog nie enige sterftes aangemeld nie.

Van die huise se dakteëls is gebreek, mure is gekraak en goedere het van winkelrakke afgeval, volgens die Metereologiese Agentskap en Japanese mediadekking. Die aardbewing het in dieselfde omgewing plaasgevind as die 7.2 aardbewing in 1995 waarin meer as 6 400 mense dood is. Noordoostelike Japan is in Maart 2011 deur ‘n reuse aardbewing en tsunami getref en sowat 19 000 mense het in dié voorval gesterf.

Die agentskap waarsku daar kan nog vir ‘n week lank ná-skokke wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.