Geen bieërs by Mandela-veiling

Mandla Mandela

Mandla Mandela

Nie ‘n enkele bieër het Vrydag opgedaag vir ʼn veiling van Mandla Mandela se vee in Mvezo in die Oos-Kaap nie, berig die Saturday Star.

Mandla is oudpresident Nelson Mandela se kleinseun. Volgens die koerant sou sowat 50 van Mandla se beeste Vrydag opgeveil word om sy regsverteenwoordiger, Randall Titus, te betaal. Mandla skuld Titus glo sowat R500 000 in regskostes nadat Titus hom in sy egskeiding verteenwoordig het. Titus het in September ʼn uitspraak teen Mandla gekry en is die veiling gevolglik in koerante geadverteer. Titus het aan die koerant gesê dat niemand by die veiling opgedaag het nie. Hy sê hy is ingelig dat Mandla nie ander bates het om op te veil nie maar dat hy verdere stappe sal neem om die geld aan hom verskuldig te kry. Mandla wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Waarmee was die voornemende bieërs gedreig ? Ek vra maar net.

henk ·

Intimidasie,intimidasie,afrika se wagwoord.”The King is always right”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.