Geen borg vir polisieman wat glo weet van aanval

ʼn Senior polisiebeampte van Mpumalanga wat glo geweet het dat twee mede-beamptes betrokke was by ʼn aanval op ʼn gesin, is Vrydag in die Carolina-landdroshof borg geweier.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê lt.kol. Johannes van der Walt (42) is op 14 Augustus in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van roof en korrupsie. Dit kom nadat ses rowers in Julie vanjaar ʼn gesin in hul huis in Carolina aangeval het. Hulle het die gesin se drie kinders in ʼn badkamer toegesluit en selfone en skootrekenaars gesteel en R40 000 geëis vir die kinders se vrylating. Twee polisiebeamptes, konstabels David Mathew Morgan en Vhonani Mulaudzi van Lenasia, is in verband met die rooftog in hegtenis geneem. Hulle het in die hof verskyn en is op borgtog van R4 000 vrygelaat. Nog vier verdagtes, Ruksana Bhanu Mahommed (44), Shujauddin Sayed (44), Zaine Mohamed (50) en Razia Ahmed Ismail (43) is later in hegtenis geneem. Mahommed en Ismail is borg geweier en Mohamed en Sayed is ook op borgtog van R4 000 vrygelaat. Na verdere ondersoek is daar bevind dat Van der Walt geweet het dat Morgan en Mulaudzi by die misdaad betrokke was. “Hy het glo toegelaat dat hulle die misdaad gaan pleeg,” het Hlathi gesê. Al sewe verdagtes sal op 28 Augustus weer in die Carolina-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peter Vonk ·

So n paar dae terug was my vraag,het ons nog polisiemag/diens ?? Ek glo nie ons het nie.Hierdie organisasie is besig om te verval na NIKS,persoonlik het ek geen meer respek vir hulle nie.

Trippie ·

Jy is reg, die enigste mag wat daar was, was bekend as die SAP ! Vandat dit SAPD geword het, WERK NIKS MEER NIE.

Dieselfde geld SAW / SANW.

Seg Net ·

Peter ek het dit al geseg, maar herhaal dit. Toe dit nog die SAP was het die polisie nog hulle werk gedoen en was trots daarop. In 1994 het alles wat gewerk het verander so oop die SAP na die SAPD – Suid Afrikaanse Professionele Diewe. Dit is die grootste, wettige, professionele, misdaadsindikaat ter wêreld.

akram ·

Polisie mag, Mag maar betrokke raak. Dalk is die woord organisasie nie van toe passing nie, maar meer n kartel. Jammer vir die wat nie in die selfde lig gesien word nie.

Jan ·

As die storie waar is, is dit baie laat in die dag vir die sg. SAPS – MAAR, iewers is iets nie reg nie.

“Na verder ondersoek is daar bevind dat Van der Walt geweet het dat Morgan en Mulaudzi by die misdaad betrokke was.”

Dan kan meeste van ons mos toegesluit word. Ons weet Zuma is by misdaad betrokke.

Gert Malan ·

So ‘n werf etter met ‘n hoofletter! Polisie Mag het verander na korrupte mag! Almal is deesdae ewe sleg en onbetroubaar. Ek hoop dat indien hy skuldig bevind word, hy gestraf sal word dat sy b….s bewe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.