ʼn Man van Tanzanië wat daarvan verdink word dat hy ʼn vrou van president Jacob Zuma afgepers het, is Donderdag in die Camperdown-landdroshof in Durban borgtog geweier.
Zuma se vrou, Nompumelelo Ntuli ook bekend as MaNtuli, beweer Steven John Masunga, wat tereg staan op aanklagte van intimidasie, het haar op 15 Januarie probeer afpers om vir hom ʼn sakevergadering met pres. Zuma te reël.
Masunga het egter Woensdag in die hof aangevoer dit was Ntuli wat hom gedreig het, wat daartoe gelei het dat hy by die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, lt.gen. Betty Mmamonnye Ngobeni, gaan kla het.
Landdros Thys Taljaard het tydens sy uitspraak gesê die feit dat Masunga voel sy lewe is so erg in gevaar dat hy by die provinsie se polisiehoof moes kla, maak van hom ʼn vlugrisiko.
“Hy voel heel waarskynlik hy word geteiken,” het Taljaard gesê.
Die hof het vroeër van ʼn polisiegetuie gehoor dat Masunga vir Ntuli gedreig het met ʼn bewering dat Zuma nie die pa van een van haar kinders is nie. Masunga beweer egter dat hy in hegtenis geneem is nadat hy by Mmamonnye gekla het oor dreigemente wat hy glo van Ntuli ontvang het. Lees meer hier.
Die saak is tot 11 Maart uitgestel. – SAPA
Lees ook:
Man in hof oor hy glo Zuma se vrou dreig
Man vas oor hy Zuma se vrou glo afpers
Nou waaroor alles laat zumie gou vaderskap toetse doen ons wonder nou ook. Kom kom zumie laat ons kyk of jou spyker gevat het en is dit jou kiddy ….