Geen e-tol vanjaar

Die ontrekking van ʼn wetsontwerp gister in die Nasionale Vergadering beteken dat die omstrede e-tolstesel nie voor die einde van die jaar ingestel sal word nie.

Die omstrede wetsontwerp sal na verwagting nou eers in Februarie volgende jaar in die parlement bespreek word. Ian Ollis, DA-woordvoerder, sê die wetsontwerp is deur die ANC onttrek weens druk van opposisiepartye. “Dit is ʼn oorwinning vir opposisiepartye en die Suid-Afrikaanse publiek.” Cosatu het intussen ook sy tevredenheid met die ontrekking van die wetsontwerp uitgespreek. “Dit beteken egter nie dat e-tol geskrap is nie maar slegs dat dit uitgestel is. Cosatu sal voortgaan met sy massa-aksie teen e-tol op 30 November,” het Patrick Craven, woordvoerder van Cosatu, gesê. ‘n Hersieningsaansoek van die e-tolstelsel begin later die maand in die hooggeregshof in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.