Geen einde in sig vir busstaking

Argieffoto

Die land moet hom gereedmaak vir ʼn nuwe ronde stakings in verskeie sektore wanneer loononderhandelinge vandeesmaand hervat. Vervoervakbonde nader amper die derde week van loononderhandelinge sedert busbestuurders onlangs begin staak het om op ʼn 18% loonverhoging aan te dring. Werkgewers bied tans ʼn 9% verhoging aan.

RSG berig die vervoervakbonde dring aan dat hul lede nie sal terugkeer werk toe, indien hulle ʼn dubbelsyfer verhoging kry nie.

Intussen gaan verskeie pendelaars gebuk om meer geld op te dok deur taxi’s te gebruik om by hul werkgewers uit te kom. Tony Franks, ‘n woordvoerder van die Vervoer en Omnibus-werkersvakbond, sê hulle hoop dat ‘n skikking binnekort bereik sal word.

Ekonome is dit eens dat vandeesmaand, wat ook as die stakingseisoen bekendstaan, verskeie sektorale kontrakte bespreek gaan word. Ekonome sê daar bestaan veral kommer oor die mynsektor. Na wat berig word, verwerk die mynsektor nog die woede oor die 34 sterftes by Marikana verlede jaar, asook ‘n intervakbond-geskil en spanning tussen werkgewers en werknemers.

“Die mynwerkersvakbond, NUM, het reeds gewaarsku dat hy op dubbelsyfer verhogings sal aandring terwyl myneienaars sê dat hulle nog afleggings verwag,” berig RSG.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.