Geen honde meer op gewilde strande

Argieffoto

Drie van Kaapstad se gewildste strande is nou “hondvry” verklaar.

Kragtens nuwe stadsregulasies word honde vanaf 1 Desember nie meer op Kampsbaai, Clifton se Vierde Strand en Mnanadi toegelaat nie. Blykbaar kan nog strande tot dié lys bygevoeg word, berig die Cape Times.

Persone wat dié reël oortree, sal swaar beboet word.

Honde kon vroeër by Mouille Point en Sunset Beach in Seepunt, ʼn gedeelte van Houtbaaistrand en die oostelike gedeelte van Sunrise Beach vry rondhardloop. Eienaars kon tot onlangs nog tussen 18:00 en 09:00 op meeste strande met hul honde gaan stap.

Die stad verbied nou egter honde op die gewilde strande en dit sluit honde wat vry rondhardloop en honde op leibande in. “Dit is maar slegs sowat 10% van strande waar honde nie toegelaat word nie. Die res van die kuslyn, sowat 200km, is steeds toeganklik vir honde,” het Tandeka Gqada, Mayco-lid vir gemeenskapsdienste, gesê.

Die 2-jarige Meeka Riley Lackay van Bridgetown is in 2011 deur ʼn Rottweiler, wat nie aan ʼn leiband vas was nie, op Clifton se Eerste Strand aangeval.

Eienaars kan met tussen R500 en R2 000 beboet word, het Richard Bosman, uitvoerende direkteur vir die stad se veiligheid en sekuriteit, gesê.

Klik hier om te sien watter strande is nog steeds toeganklik vir honde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.