ʼn 67-jarige man van Nieu-Seeland is verbied om internettoegang te hê of naby aan ʼn laerskool te kom terwyl hy teregstaan op 16 aanklagte van die besit van uiters pornografiese materiaal insluitend bestialiteit, bloedskande, erge marteling, gebondenheid, dominansie en onderdanigheid.
David Robert Miles se aansoek om borgtog is goedgekeur nadat hy Dinsdagoggend vlugtig in die Hamilton-streekshof verskyn het, berig TVNZ.
Hy word verbied om binne 200 meter van enige laerskool te kom, en mag ook nie met kinders onder 16 jaar oud assosieer nie. Hy mag ook nie enige slimfoon of elektroniese toestel besit wat internettoegang bied nie en hy moes ook sy paspoort indien.
Die beweerde oortredings het tussen 1 Januarie 2012 en 19 April 2013 plaasgevind.
Hy moet in Februarie weer in die hof verskyn.
Liewe genade, hierdie “ding” is die duiwel homself !
En wie gaan hom nou dophou dat hy dit nie weer gaan doen nie??
Dit is defnitief een siek ….. Hoe op dees aarde kan hulle borgtog toestaan? Die regter wat dit toegestaan het, moet ook sommer ondersoek word. So volgende gaan hy ‘n kamera gebruik om foto’s te neem van kinders en nog wat, wat hierdie tipe …. in ‘n ander siek sielkundige wereld van net kyk, na doen wil, omskep. Ai! Sekere “geleerde” mense darem.