“Geen Kersgeskenke aan Pikitup-personeel”

pikitupInwoners word aangeraai om nie Kersgeskenke aan Pikitup-werknemers te gee nie, het die besturende direkteur Amanda Nair Woensdag gesê.

“Dit is nie maatskappybeleid vir personeel om aan hierdie tradisie deel te neem nie,” het Nair in ʼn verklaring gesê. Sy sê inwoners word gewaarsku teen individue wat vervalsde identiteitsdokumente en briewe gebruik en hulself voordoen as Pikitup-werknemers. “Dié persone versoek dan Kersfeesgeskenke en donasies.”

Volgens Nair is inwoners hoegenaamd onder geen verpligting om enige geskenke aan Pikitup-werknemers te gee nie, aangesien die maatskappy aan die einde van die jaar ʼn bonus aan sy personeel uitbetaal.

Nair het versoek dat inwoners die maatskappy in kennis moet stel van bedrieërs en personeel wat hulle nader vir geskenke.

Sy sê rommel sal nie op 25 Desember verwyder word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marie ·

Verlede jaar (nie spesifiek die Maatskappy) het die vullis verwyderaars geweier om rommel te verwyder indien mens nie vir hulle “Krismis” gee nie.

Erich Goosen ·

Hoekom sou ek? Die vullisverwyderaars staak tydig en ontydig en werk hardhandig met die houers en beskadig dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.