Geen kommentaar oor duurder Nkandla nie

Zuma se Nkandla-woning

Mac Maharaj, woordvoerder van pres. Jacob Zuma, wou nie kommentaar lewer oor berigte Sondag dat die koste van Zuma se huis binne twee jaar van R6.4 miljoen na R248 miljoen gestyg het nie.

“Soos u weet, het die president aangedui dat verskeie ondersoeke in verskeie aspekte van stapel gestuur is. Hy doen ‘n beroep op ons almal om op die resultate hiervan te wag,” het Maharaj gesê.

Volgens die City Press is daar teenstrydighede in die begroting wat bekend gemaak is. Geoff Doidge, voormalige minister van openbare werke, het in 2010 aan die parlement gesê die opgradering by Nkandla sal in geheel R6.4 miljoen kos, waarvan R5.7 miljoen vir professionele fooie begroot is. ‘n Verdere openbarewerke-voorlegging sou die totale uitgawe vir die departement R89 miljoen beloop en R23 miljoen uit Zuma se sak. In September het City Press egter berig dat die Staat sowat R203 miljoen aan die projek sou spandeer waarvan R10.06 miljoen uit Zuma se sak sou kom.

Zuma het verlede week aan die parlement gesê dat hy vir vyf bykomende huise betaal het, maar vorige dokumente het aangedui dat hy slegs twee bykomende huise sou oprig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.