Geen korruptes sal baret dra nie, sê Malema

Julius Malema by die bekendstelling van die EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Video volg onderaan die berig. Die Economic Freedom Fighters (EFF) sal ʼn sterk beleid teen korrupsie hê, het Julius Malema, leier van die beweging, Donderdag by die bekendstelling gesê.

“Ons organisasie is gebou op die beginsel van anti-korrupsie. Niemand wat aan korrupsie skuldig bevind word, mag die baret dra nie,” het Malema met sy bloedrooi baret, met die EFF-kenteken daarop, gesê.

Malema staar klagte van korrupsie in die landdroshof in Polokwane in die gesig. Hy word daarvan beskuldig dat hy nagenoeg R4 miljoen uit korrupsiebedrywighede verdien het. Hy is tans op borg van R10 000 en staar ook klagte van bedrog, korrupsie, geldwassery, en swendelary in die gesig.

Malema het gesê duisende Suid-Afrikaners het op die wekroep reageer wat die EFF op 11 Junie gemaak het, en bydraes versoek het vir “dit wat gedoen moet word”. “Dit is geen geheim nie dat ʼn oorgrote meerderheid van respondente gesê het die EFF moet ʼn radikale, linkse, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beweging wees met ʼn internasionalistiese siening wat die verkiesing in Suid-Afrika moet teenstaan.”

Die geskorste leier van die ANC-jeugliga het gesê die EFF is besig om die “politieke klimaat” te verander, aangesien dit “algemene kennis is dat dit koud is buite die ANC”. “Maar ons maak dit warm buite die ANC.”

Malema het gesê pogings om die jong organisasie in diskrediet te bring, sal nie slaag nie. “Ons het die wilskrag. Ons is nie materialisties gedrewe nie. Julle kan alles van ons wegvat, maar julle kan nie ons siele vat nie.”

Malema het gesê die EFF is nie “sy organisasie” nie, en dat dit nie “aanbidders van ʼn individu” moet word nie.

“Ons is nie soos Agang en al die ander partye nie. Ons het ʼn ander plan,” het Malema bygevoeg. Dié plan sluit glo die ononderhandelbare beginsels van grondonteiening en die nasionalisering van myne, albei sonder vergoeding, in.

Die EFF wil wegbeweeg van ʼn diskoers van versoening na een van geregtigheid.

ʼn Konferensie oor die EFF se beleide en manifes sal op 26 en 27 Julie in Soweto gehou word.

Die EFF sal ʼn “anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese ideologie” aanhang en strewe na nie-rassisme en nie-seksisme. “Alhoewel wit kapitalistiese monopolie ʼn vyand van die EFF is, sal niemand in die see in gedryf word nie. Julle gaan gedwing word om te deel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Coenraad ·

Gee die een sy krediet waar dit toekom.Hy is ten minste reguit oor sy haat vir ons witmense- nie soos die DA/ ANC aliansie wat kamstig van die witman hou ,maar eintlik nie tyd het vir n witman nie.Hy laat hom ook nie onder kry van ou Zuma nie.Dalk kan hy nog die vonk in die kruitvat wees- ou Mal Emma!

Kaspaas ·

Ek stem. Al wat vir die DA belangrik is van die blanke Suid Afrikaner is ons kruisie op papier. Alles word net gedoen om die meerderheid tevrede te stel, teen watter koste ook al. Wat hy praat is maar presies wat die DA en die Black Sash tannie ook maar dink oor die Afrikaner.

Hendrik ·

in die woorde van Trevor Noah: “This time I am leaving! I am really leaving!” hierdie bra skree, baie sleg verskuil, dat hy wit mense wil uitmoor en verjaag. Hoe kan sulke drek toegelaat word om ‘n politiese leier te wees??

Hannes ·

Hier is perd wat nie gaan ophou nie. Dis ‘n resep vir moeilikheid – ‘n militante Afrikaan met die vermoe om mense op te rui wat ewe onnosel is – waarvan daar massas is = burger ‘n burger oorlog. Hy moet gestop word en gou ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.